
=====================================================================
Geen middelmatigheid vir ons jeug (AV 5:1)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Geen middelmatigheid vir ons jeug

Flip Smit   kyk na die werklikhede van die land se onderwyssituasie en s waar aandag nodig is.

Die onderwys is in 'n krisis. Die krisis, waarvan die omvang en intensiteit sal toeneem, kan verreikende sosio-ekonomiese en politieke 
gevolge h. Die stem van die jeug sal al hoe belangriker word. Die jeug het onrealisties ho verwagtinge van die jong demokratiese staat, 
veral ten opsigte van werkskepping en toegang tot onderwys, met name na- sekondre onderwys.

Die Regering is nie in staat om aan die verwagtinge te voldoen nie. In die eerste plek is die getalledruk net te groot. Tweedens is daar 'n 
onvermo om die dikwels uitstekende beleidsdokumente en wetgewing in realisties werkbare besigheidsplanne te omskep. Dit kom dus nie verder 
as ideologiese uitsprake en vae aanduidings van hoe dit in werking gestel en bekostig sal word nie. Kundige persone wat die planne kan 
uitvoer, onder andere ervare en toegewyde onderwysers, verlaat toenemend die stelsel.

In die proses van oorbesteding aan onderwys deur die nege provinsies (na raming R5 miljard vir die finansile jaar) en die ineenstorting 
van die administrasie van die onderwys, onder andere matriekeksamens, op provinsiale vlak, sentraliseer die Regering al meer magte in die 
hande van die Minister van Onderwys. Dit word dus al hoe meer 'n sentraal beheerde onderwysstelsel wat die inspraak van ouers en 
gemeenskappe inperk en reeds besig is om die outonomie van veral universiteite ernstig aan te tas. Regstelling is so 'n sterk dryfveer dat 
dit lyk of uitnemendheid 'n sonde is. Dit voorspel niks goeds vir onderwysvoorsiening in die toekoms nie. Swart en wit ouers, opvoeders en 
gemeenskappe is erg besorg.

Daar moet egter ook groot begrip vir die dilemma van die Regering wees. Apartheid het seker die mees ongelyke onderwysstelsel in die wreld 
as erflating geskep. Aan die een kant het die onderwyssisteem wetenskaplikes gelewer wat uraan kan verryk en harte kan oorplant en waarna 
daar wreldwyd 'n aanvraag is. Op wetenskaplike gebied is Suid-Afrika 'n leier in Afrika en lewer die land meer wetenskaplike publikasies 
as al die ander Afrikalande saam. Die prestasies van die vorige onderwysstelsel word dikwels f verswyg, f baie terloops erken.

Aan die ander kant is miljoene Suid-Afrikaners funksioneel ongeletterd (meer as 25% van die bevolking) of ongeskoold, gaan baie leerlinge 
in uiters swak omstandighede skool en is groot getalle van die 410 000 onderwysers on- of ondergekwalifiseerd, of onervare om veral 
leerlinge in die natuurwetenskappe suksesvol vir na-sekondre studie in die professionele rigtings soos ingenieurswese, medies, 
argitektuur, ens. voor te berei. 'n Onlangse landswye opname het getoon dat daar groot tekorte aan klaskamers is, dat 57% van alle skole 
nie elektriese krag het nie, dat daar by 24% van alle skole nie water binne loopafstand beskikbaar is nie en dat 49% nie voldoende met 
handboeke toegerus is nie.

Di omstandighede lei daartoe dat Suid-Afrika die 44ste plek uit 53 deelnemende lande in die World Competitive Report van 1997 ingeneem 
het.

Daar moet begrip daarvoor wees dat die Regering die ongelykhede van die verlede wil uitskakel en dat politieke en ideologiese dryfvere ten 
grondslag aan baie van die veranderinge in die onderwys l. Onderwys is oral in die wreld vir nuwe demokratiese regerings 'n prioriteit. 
Geen wonder dat skoolplig van nege jaar ingestel is nie. Demografies gesien, is dit egter net nie haalbaar nie. Die huidige  12 miljoen 
leerders sal tot meer as 17 miljoen teen die jaar 2005 aangroei. Uiteindelik sal die demografiese werklikhede veroorsaak dat slegs sewe 
jaar skoolplig, d.w.s. tot graad sewe of die tradisionele standerd vyf, bekostigbaar sal wees. Die Regering moet dus eerder van leerplig as 
van skoolplig praat. Dit beteken dat kinders na 'n aantal jare op skool op die een of ander wyse opleiding moet ontvang en nie noodwendig 
skool hoef by te woon nie.

Di stellings is onder meer op die volgende feite gegrond:

Die staatsbesteding van  R40 miljard in 1997-1998 aan onderwys maak reeds 22% van die totale besteding van die Regering uit. Volgens 
wreldstandaarde is die besteding aan onderwys 6,6% van die bruto binnelandse produk, relatief hoog. Di besteding kan kwalik vinniger as 
die jaarlikse ekonomiese groeikoers toeneem. Vanjaar sal die ekonomie waarskynlik moeilik 'n groeikoers van meer as 2% bereik.

Die ho bevolkingsaanwas veroorsaak dat 42% van die swart bevolking onder die ouderdom van 15 jaar is en dus vir skoolplig kwalifiseer. By 
blankes is die syfer slegs 22% omdat die groei by hulle die nulvlak bereik het en daar waarskynlik weens emigrasie 'n negatiewe groei is.

Die aantal leerders neem teen meer as 4% per jaar toe. Benewens die ho aanwaskoerse is daar agterstande van die verlede. Groot getalle 
leerlinge wat matriek druip, herhaal omdat hulle nie werk kan kry nie. Die aantal matrikulante (graad 12), wat in 1996 287 000 getel het, 
sal toeneem tot 750 000 teen die jaar 2005. Die huidige ongeveer 80 000 matrikulante met universiteitvrystelling sal tot 250 000 teen die 
jaar 2005 vermeerder. Benewens die begeerte om na-sekondre opleiding te ontvang en 'n kwalifikasie te verwerf, probeer jong swartes om 
toegang tot tersire inrigtings te verkry omdat die beursgeld hor is as die verdienste in die arbeidsmark, omdat 'n gedeelte van die geld 
na die verlengde familiesisteem gaan en omdat die druk op huisvesting en voedselvoorsiening tuis daardeur verlig word.

Massa-onderwys

Massa-onderwys het dus 'n realiteit geword. Massa-onderwys en akademiese standaarde is meestal nie goeie spanmaats nie. Die na-sekondre 
studente sal van die huidige 850 000 tot ongeveer 1,7 miljoen teen 2005 aangroei.

Die feit dat die bevolkingsgroepe in verskillende tempo's aanwas, veroorsaak dat die samestelling van die skool- en universiteitsbevolking 
vinnig verander. Hierdie verandering verg groot aanpassings. Dit is juis hierdie aspek wat in die toekoms die brandhout vir stryd kan wees. 
Omdat blankes getallegewys bedreig word, staan hulle sekere maatrels teen. Dit lyk na konfrontasie tussen wit en swart, maar dit is 'n 
foutiewe persepsie. Baie swart ouers, onderwysers en leiers is net so bekommerd soos blankes. Swartes sal op die ou end die swaarste deur 
sommige van die beleidsmaatrels getref word.

In 1960 het swart leerlinge slegs 56% van die skoolbevolking uitgemaak. Die syfer het toegeneem tot 80,5% in 1995. Hierteenoor het die 
blanke leerlinge van bykans 17% in 1960 tot 8,5% in 1995 afgeneem. Blanke leerlinge maak tans net 7,5% van die totale laerskoolbevolking 
uit.

Op universiteitsvlak was die verandering nog skouspelagtiger. In 1960 het blankes 90% van die studentebevolking uitgemaak. Teen 1996 was 
die syfer slegs 35%. Swart studente se aandeel het in di tydperk van 4% tot 44% gestyg. Verskillende leerbehoeftes, gebruike en aspirasies 
sal in die toekoms 'n groot invloed op skole en tersire instellings h.

Die onderwys gaan wreldwyd deur 'n hervormingsproses. Die sosialistiese stelsel van gratis onderwys, veral op die tersire vlak, is in 
baie lande van die wreld aan die verkrummel. Daar is dus in Suid-Afrika geen eenvoudige oplossings nie. 'n Paar uitgangspunte verdien 
verdere oorweging:

Soos op so baie terreine van die samelewing moet daar veral op die terrein van die onderwys besef word dat die staat nie alles kan verskaf 
nie, veral nie gratis nie. Die individu en gemeenskap raak toenemend op hulle self aangewese om iets ekstra te verskaf bo die algemene paar 
knap onderwysers wat leerlinge na skooltyd met wiskunde en wetenskap help. Private instansies soos Nasionale Private Kolleges (Lyceum, 
Sukses en Mentor) bied reeds jare lank matriek aan. Uitstekende studiemateriaal is beskikbaar.

Die tegnologie bring toenemend redding vir die onderwys. Die Internet en interaktiewe televisie is wonderlike hulpmiddels. Dit sal die 
universiteite ingrypend verander. Indien gemeenskappe organiseer, kan die hulpmiddels bekostigbaar vir leerlinge beskikbaar gestel word.

Ek is oortuig dat die Regering deur onderhandelinge oorreed kan word om nie op hierdie vernietigende pad voort te gaan deur beheerrade die 
reg te onts om onderwysers volgens verdienste aan te stel nie. In di verband moet swart en wit hande vat soos nog nooit tevore nie.

Almal se strewe moet wees om nie met middelmatigheid vir ons jeug tevrede te wees nie. Die slagspreuk moet wees: Ons sal nie toelaat dat 
ons ten opsigte van onderwysvoorsiening en -standaarde gekis word nie. Prof. Flip Smit   is afgetrede rektor van die Universiteit van 
Pretoria en nou hoofbestuurder van Nasionale Private Kolleges.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av511.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Januarie 1998 /// Geen middelmatigheid vir ons jeug (AV 5:1) /// 
Afrikaans en die Universiteit van Natal (AV 5:1) /// Die Stigting nou en vorentoe (AV 5:1) /// Medewerker van die Boekebeurs in Vlaandere 
(AV 5:1) /// Hartlik dank vir die terugvoering (AV 5:1) /// Di Afrikaans staan nie in woordeboeke nie (AV 5:1) /// Hou op kla en doen iets 
positiefs! (AV 5:1) /// M-Net se verhouding tot Afrikaans (AV 5:1) /// Afrikaans in 'n demokratiserende Suid-Afrika (AV 5:1) /// Fase Twee 
van di inisiatief l nog voor (AV 5:1) /// Taalkreatief? vir seker Afrikaans kreatief (AV 5:1) /// (Her)ontdek Nederlands via Afrika (AV 
5:1) /// Dit gaan goed met Afrikaans in die Oos-Kaap (AV 5:1) /// Vroeg al gestry vir Afrikaans (AV 5:1) /// Beterskap vir moe meisie (AV 
5:1) /// Nederland leer kinders die waarde van lees (AV 5:1) /// In die speurroman tel die Jakob sonder die ware (AV 5:1) /// Geen 
anglisisme nie (AV 5:1) /// Afrikaans word net in SA gesing -- s wie? (AV 5:1) /// Die antwoord is: aanpasbaarheid /// Ons Angel-Saksiese 
pleknaamgewing (AV 5:1) /// Privaat skole verseker moedertaalonderwys (AV 5:1) /// Andertaliges daag mekaar in Afrikaans uit (AV 5:1) /// 
Niks doen dit soos Afrikaans nie (AV 5:1) /// Radio sonder grense vandag (AV 5:1) /// Grootword met Boerneef en boeremusiek (AV 5:1) /// 'n 
Glimlag vir Anna (AV 5:1) ///

